top of page
crescendo opnamekunstenaar salvador.jpg

Salvador
Mouers

Crescendo-finalis: 2025

MEER OOR SALVADOR

Salvador Mouers (31) van Narraville in Walvisbaai vertel dat hy op kleuterskool al sy eerste liedjie gesing het. Van toe af was musiek nog altyd deel van wie hy is.

In 2010 was dié eggenoot en pa van drie dogtertjies deel van ’n groep met die naam Contagious Africa. In 2012 sluit hy aan by ’n hip-hop-groep Brazse van die mic. In 2014 besluit hy om solo te gaan en stel sy eerste album, Everything, vry. Hiervoor ontvang hy twee nominasies tydens The Namibia Annual Music Awards vir beste R&B-album en vir beste nuweling.

“Die afgelope twee jaar was my fokus nie op musiek nie. Dit het ’n bietjie na die agtergrond geskuif,” vertel hy. Hy wou nie eintlik inskryf nie, maar vandag weet hy die ATKV-mentorskapprogram het sy lewe verander. “Toe ek daar opdaag, het dit vir my gevoel of ek tuis gekom het, tussen my mense. Dit het my weer laat droom, die vuur in my gestook.”

 

Om as een van die opnamekunstenaars gekies te wees, is vir hom ’n groot geleentheid. “Nou kan ek my aandag net op my musiek toespits.”

 

In September vanjaar gaan hy saam met drie ander 2025-deelnemers ’n finale Crescendo-slypskool bywoon waar hulle onder andere gaan voorberei vir Crescendo GOUD, ’n bekendstellingskonsert op 4 Oktober om 2026 se opnamekunstenaars aan die publiek bekend te stel.

salvador 3 kleiner_edited.jpg

Kom ons gesels

  • Youtube
  • Facebook
  • Instagram
salvador 3 kleiner_edited.jpg
bottom of page