top of page
Jerome 03_edited.jpg
Jerome 02.jpg

Jerome
Rex

Ghoema Award Winner

BIO

Kaapstadse kletsrymer, sanger en liedjieskrywer Jerome Rex meng Motown-klanke met neo soul en kletsrym om musiek te skep reflekterend van die Moederstad se kulturele smeltpot. Sy laaste album Al Jerome het aan hom 'n Ghoema-toekenning vir die Beste Afrikaanse Hip-Hop Album van die Jaar in 2019 besorg. Hy spog verder met twee Ghoema-nominasies vir Beste Afrikaanse Hip-Hop Liedjie van die Jaar (2017 en 2019). ’n Song of the Year-nominasie van Christian Community FM (CCFM) is nog een van talle toekennings wat Jerome agter sy naam kan skryf. Verskeie van sy enkelsnitte boer gereeld op Bush Radio Cape Town se Top 10-trefferlys.

 

Noemenswaardige verskynings by kunstefeeste sluit onder andere Oppikoppi, Woordfees, Suidoosterfees en die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in. Tydens laasgenoemde fees is die produksie waarby hy betrokke was met 'n Kanna-toekenning vir Beste Musikale Produksie vereer. Die Riel van Hip-Hop-teaterproduksie waarin Jeremy te sien was, is met 'n Fiesta-toekenning beloon. Lyrics Still Matter, waarvan hy die hoofrol vertolk en boonop 'n medeskrywer en vervaardiger was, het uitverkoop tydens die Artscape-fees en volgepakte sale by die ikoniese Cape Town Comedy Club en Woordfees getrek.

 

In 2023 betree hy die aanlyn wêreld met sy eerste stromingskonsert Locally Produced waarin Rouchelle Liedemann, DJ Eazy and Grandmaster Ready D onder andere te sien was. Jerome het onlangs die voordele van die internet verder begin benut met sy potgooi Art with Jerome Rex wat daarop gemik is om kunstenaars van alle dissiplines te motiveer en te bemagtig om hul kuns tot 'n selfonderhoudende onderneming te bou.

 

Musiek is egter nie die enigste kunsvorm waarin Jerome uitblink nie. Hy vertolk 'n terugkerende ondersteunende rol in Arendsvlei, 'n sepie wat op kykNET te sien is. As kurator van Expression Session Kuila help hy om geleenthede te verskaf waar kunstenaars hulself kan uitdruk, netwerk en saam met ander kunstenaars optree.

Let's Get
Social

  • Youtube
  • Facebook
  • Twitter
  • Instagram
Jerome 03_edited.jpg
bottom of page