top of page

ONS FAMILIE

Jy kan deel word van ons familie deur aan die mentorskapprogram deel te neem of een van ons asemrowende vertonings by te woon. Vul ons aanlyn digitale inskrywingsvorm in of kontak 'n talentsoeker in jou area as jy aan ATKV-Crescendo wil deelneem. Besoek ons produksieblad om te sien watter vertoning volgende op die spyskaart is. Gaan kyk en luister na die musiekvideo's en produksies wat reeds opgeneem is deur op die skakels te klik.

​

Komaan! Jy weet jy wil deel word ATKV-Crescendo, dié plek waar legendes gebore word.

​

​

​

Concert Clip

Jou seisoenkaartjie sluit in

  • VVIP-toegang tot alle (8) Crescendo-produksies

  • Die eksklusiewe reeks memorabilia spesiaal ontwikkel vir hierdie mylpaaljaar

  • Vervoer tydens sekere geleenthede

5 kaartjietipes om uit te kies

Standaard

Seisoen

VVIP
Laat nie op hul wag
Laat glad nie op hul wag

Bespreek nou

EXPRESSION SESSION

GEDEELDE WAARDES
In ’n wêreld waar kompetisie seëvier, is dit verfrissend om ’n organisasie soos Expression Sessions te vind wat dieselfde waardesisteem as ATKV-Crescendo het. Vir beide inisiatiewe is die ontwikkeling van mense se talent belangriker as die aanwys van individuele wenners. Trouens, deur mekaar te ondersteun en respek vir mekaar se talente te hê, kan almal groter hoogtes bereik.

 

Die hulp, kennis en ervaring van Expression Sessions-kurators, Robin-Dean Fourie en Jerome Rex, is belangrike boublokke in die vind van nuwe talent. Deur die maandelikse byeenkomste wat in onder andere Worcester en Kuilsrivier gehou word, kry kunstenaars die geleentheid om verder te groei tot musici wat oor die vaardighede beskik om ’n belangrike en unieke bydrae in die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse musiekbedryf te lewer.

​

ATKV-Crescendo verwelkom elke Expression Session-lid as ’n familielid wat saam met ons die toekoms aandurf.

bottom of page