top of page
crescendo bio opnamekunstenaar foto lizl 2.JPG
crescendo bio opname kunstenaar foto lizl 1.jpg

Lizl
Simoes

2025-mentorskapprogram

MEER OOR LIZL

Lizl Simoes, ’n klavierjuffrou, musiek-meestersgraadstudent, liedjieskrywer, sanger en een van ATKV-Crescendo se opnamekunstenaars van 2026, kon volgens haar ma sing nog voor sy kon praat. Op vyfjarige ouderdom het dié gebore en getoë Pretorianer met klavier- en op nege met sanglesse begin. Op die verhoog, met ’n mikrofoon in die hand, is waar sy werklik blom.

“My eerste sangjuffrou het daarin geglo om haar leerlinge soveel geleenthede moontlik te gee. Van kleins af het ek die voorreg gehad om die binnekant van ’n opnamestudio te beleef.”

Dit is egter eers nadat sy op hoërskool ’n betowerende uitvoering van Grieg se klavierconcerto in A mineur deur die pianis Olga Kern gehoor het dat Lizl geweet het sy moet haar passie vir musiek ook ná skool uitleef. In 2024 voltooi sy haar B.Mus.-graad. Op die oomblik is sy besig met haar meestersgraad in musiek aan die Universiteit van Pretoria. 

“Ek wil soos daardie eerste sangjuffrou van my alles doen om my leerders na hoër hoogtes te lei. My musiek is vir my soos ’n oop dagboek vir almal om te sien, te hoor en te voel.”

Sy vertel dat sy altyd op soek is na ’n musikale avontuur. “Ek kan nie weg om my reis saam met ATKV-Crescendo aan te pak en met nuwe style en genres te eksperimenteer nie.”

In September vanjaar gaan Lizl ATKV-Crescendo se finale slypskool bywoon onder andere in voorbereiding vir Crescendo GOUD op 4 Oktober, ’n produksie waar sy saam met 2026 se drie ander opnamekunstenaars aan gehore bekendgestel gaan word.

Kom ons praat!

lizl opnamekunstenaar bio foto bokant gecrop.JPG
bottom of page