top of page
Selby Williams 1_edited.jpg
crescendo werkswinkel selby williams_edited.jpg

Selby
Williams

2022-mentorskapprogram

MEER OOR SELBY

Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Selby Williams is gebore en getoë in Avianpark, een van die gevaarlikste en bende-geteisterde areas in die Worcester- en Wes-Kaap-omgewing. Ten spyte van hierdie nederige begin, het Selby nog altyd gedroom om eendag 'n impak nie net in sy plaaslike gemeenskap nie, maar ook in die wêreld, te maak.

 

Ná matriek het hy by 'n gemeenskapskunsorganisasie aangesluit wat hom gehelp het om sy musikale vaardighede te ontwikkel. Hy het die geleentheid gehad om sy musikale reis ook met oorsese gehore te deel.

 

Selby se deelname aan die ATKV-Crescendo Mentorskapprogram in 2022 het nie net sy liefde vir musiek verder gevestig nie, maar vir die eerste keer het hy sy hand aan komposisie gewaag. In Augustus 2023 het hy sy debuutalbum Hier is ek vrygestel. In die proses het hy eerstehands ervaar hoe 'n kunstenaar sy eie musikale handelsmerk en fondasie ontwikkel. Sy nuutste musiekvideo Unhu hwangu, wat ’n Shona-vertaling van ubuntu is, is ’n maand later in September 2023 op alle stromingsplatforms vrygestel. In Augustus 2025 stel hy 'n enkelsnit In die stilte vry.

IOL

The singer-songwriter is busy producing his first EP and reflecting on the little boy in Avian Park who had a dream and had no idea how it would play out.

Selby_PR

Let's Get
Social

  • Facebook
  • Instagram
Selby Williams 1_edited.jpg
bottom of page