top of page
Man Playing Guitar
deon meiring 1.JPG

Deon Meiring

Mentor en kunstenaar

MEER OOR DEON

Deon Meiring het al op laerskool sy eerste liedjies begin skryf. Hy het gehoop dit kan vergoed vir sy stryd met rugby en romanse. Dit het ongelukkig nie, maar hy het nogtans aanhou skryf.

In daardie stadium wou hy eintlik nog ’n sendeling word, maar toe skryf sy groep Glaskas vir ’n kompetisie in. Alhoewel hulle nie gewen het nie, het hulle steeds nie opgegee nie. In graad 10 kom hy derde in ATKV-Crescendo se skeppende afdeling met sy liedjie Vrede. Die jaar daarna, in 2006, neem Glaskas hulle eerste album met die hulp van Jan Blohm op.

Deesdae sing hy as solokunstenaar en saam met Glaskas sy liedjies regoor Suid-Afrika. “Dit is amper soos ’n sendeling, want ek kry kans om te reis, het ’n boodskap wat ek graag wil oordra, en die vergoeding is onvoorspelbaar.”

Op romantiese gebied het dinge gevorder en is hy vandag ’n getroude man. Deon se musiek is al in talle films en televisiereekse gebruik. Hy werk ook as predikant vir die InVia-gemeente in Stellenbosch waar hy veral op tieners fokus.

Oor sy rol as mentor vir Crescendo het hy die volgende te sê: “Dit is vir my heerlik om met mense te werk wat nou net met hulle musikale reis begin. Dit is verfrissend om te sien hoe ’n wêreld van kreatiwiteit met die regte leiding vir die mentorskapdeelnemers oopgaan. Dit neem my terug na daardie magiese tyd toe ek as skoolkind my eie liedjieskryfvermoë ontdek het.

Foto: Eugene le Roux, August Photography

Kom ons gesels!

  • Facebook
  • Instagram
bottom of page