top of page
Alzanley Noome 1.jpg
Alzanley Noome 2.jpg

Alzanley
Lizemore

2022-finalis

BIO

Alzanley is 'n talentvolle sangeres uit Pretoria, Gauteng. Haar musikale reis het begin toe sy in Graad 1 afgekeur is om in die juniorkoor te sing. Hierdie teleurstelling het haar aangespoor om te wys dat sy dit in die musiekwêreld kan maak. Oor die jare het sy hard gewerk om haar stem te ontwikkel en klavier te leer speel. Sy kan haarself ook goed in dramatiese optredes uitdruk.

 

Haar grootste inspirasie is Celine Dion en Corlea Botha vanweë hul kragtige vokale omvang wat diep emosies by die luisteraar ontlok. Die musiek van Lewis Capaldie tel ook onder haar gunstelinge – juis vanweë sy emosionele treffers.

 

Sy's lief vir soft rock, maar meng ook graag klassieke, gospel- en country-invloede in haar musiek. Dit skep 'n unieke klank wat die hartsnare roer. Haar liedjies vertel stories. Stories wat die lag, skree en huil van die lewe uitbeeld.

 

Oor die span van ATKV-Crescendo kan sy nie uitgepraat raak nie. “Hierdie projek blaas nuwe lewe in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Hulle help om die drome van jong musikante waar te maak. Dit was 'n ongelooflike eer en voorreg om in 2022 as een van die ATKV-Crescendo se finaliste in 2022 gekies te word. In my geval het Jurgen von Wechmar, Jaques Victor en Helmut Meijer my gehelp om my eerste album Menswees in 2023 vry te stel.”

Kom ons gesels!

  • Facebook
  • Instagram
Alzanley Noome 1.jpg
bottom of page