Begin die res van jou lewe
Skryf in!
ATKV-Crescendo is reeds vyftig jaar Suid-Afrika se voorste talentontwikkelingsprojek vir opkomende liedjieskrywers en het kunstenaars soos Anneli van Rooyen, Karin Hougaardt, en meer onlangs, Jodi Jantjies en Selby Williams, se loopbane afgeskop.
​
Hierdie projek bied jaarliks aan deelnemers opleidingsgeleenthede wat hulle toerus om hul loopbane suksesvol en volhoubaar te begin. Boonop kry hulle die geleentheid om deel te neem aan produksies soos die Platformsessies en Sit dit aan …
​
Finaliste wat gekies word, sal in 2025 die geleentheid hê om ons mentorskapprogram by te woon wat onder andere aangebied gaan word deur legendes in eie reg soos Robin-Dean Fourie (Die Hooflig), Sarah Theron, Petronel Baard en Whaden Johannes.
​
Skryf nou in! Moenie wag nie! Stuur vir ons daai songs wat jy self geskryf het.
*Koste van die normale inskrywing is ZAR 100 per liedjie
Produksies
- Vr. 16 MeiStellenbosch16 Mei 2025 18:00Stellenbosch, Summerhill Wine Estate, Stellenbosch, 7615, South Africa
- Vr. 04 Jul.Stellenbosch04 Jul. 2025 18:00Stellenbosch, Summerhill Wine Estate, Stellenbosch, 7615, South Africa
- Vr. 15 Aug.Stellenbosch15 Aug. 2025 18:00Stellenbosch, Summerhill Wine Estate, Stellenbosch, 7615, South Africa
- Sa. 11 Okt.Stellenbosch11 Okt. 2025 18:00Stellenbosch, Summerhill Wine Estate, Stellenbosch, 7615, South Africa