

Whaden Johannes
2016-mentorskapprogram
MEER OOR WHADEN
Whaden Johannes is 'n sanger, liedjieskrywer en vermaakkunstenaar van Mamre in die Wes-Kaap. Gedurende sy betreklike kort loopbaan het hierdie multitalentvolle kunstenaar al oor en oor bewys dat sy passie vir toneelspel, sang en die uitvoerende kunste sy lewensroeping is.
Ná sy deelname aan ATKV-Crescendo se mentorskapprogram in 2016 het Whaden een van Suid-Afrika se jong, opkomende kunstenaars geword vanweë sy passie vir musiek en sy sjarmante verhoogpersoonlikheid.
Alhoewel Suid-Afrikaanse gehore hom lank gesien het in die rol van Priester op die kykNET-sepie, Arendsvlei, het hy ook al in verskeie verhoogproduksies 'n verskyning gemaak. Een van hierdie produksies is Krismis van Map Jacobs, 'n voorgeskrewe graad 12-drama wat by skole in die Wes-Kaap opgevoer is. Verder was hy te sien in Die song wil my nie los nie, waarvan Hennie van Greunen die skrywer en regisseur was. Met Mamre, geskryf deur Nico Scheepers, vertel hy die storie van die mense van sy komvandaanplek.
Wat sy sangloopbaan betref, het hy in 2018 Mamre, ’n solo- R&B-album vrygestel. In 2021 het die lang-verwagte video van Mosselbaaipunt, ’n liedjie wat hy in 2015 geskryf het, vrygestel.
Hy tree ook as mentor en talentsoeker vir ATKV-Crescendo in die Klein-Karoo/Oudtshoorn-area op,