GELUKKIGE 2026
- gracianicholls
- Feb 2
- 2 min read
Hiers wat broei vir 2026
'n Nuwe jaar. Nuwe stemme. Nuwe stories
By ATKV-Crescendo begin elke nuwe jaar met die vraag:
Wie se lied wag om gehoor te word?
2026 is propvol nuwe musiek , opleiding, produksies en hope oomblikke van MOOI MAAK! Hier is ’n blik op wat broei vir 2026 en hoe jy deel kan wees van hierdie musiekreis.

Mentorskapprogram bring nuwe stemme na vore

28 Maart - 5 April 2026
Die gesogte Crescendo Mentorskapprogram keer in 2026 terug en bied 18 opkomende liedjieskrywers uit Suid-Afrika en Namibië die geleentheid om onder leiding van ervare mentors, soos Joshua na die reën, Petronel Baard, Whaden Johannes en Brandon October, onder andere, te groei en hul eie stemme te verfyn.
Die name van die 2026 Crescendo mentorprogram-kunstenaars word op 6 Februarie aangekondig.
Vier nuwe albumbekenstellings
2026 bring nie net nuwe stemme nie, maar ook vier splinternuwe albums wat die Afrikaanse musieklandskap gaan verryk. Hierdie albumbekendstellings is ’n viering van kreatiwiteit en die diversiteit van musiek wat in ons gemeenskappe broei.


Selby Williams se nuwe enkelsnit
Selby Williams gee die pas aan en skop die jaar af op ’n hoë noot met sy nuwe enkelsnit, Fix the vibe wat op 27 Februarie vrygestel word. Hierdie liedjie is ontwerp om die harte en voete van Suid-Afrikaners te roer met sy energieke en aansteeklike klank.
Landswye werkswinkels vir liedjieskrywers
In samewerking met Kwena Music, The Father’s Heart, Pebble’s Project, Kleinmond Arts & Culture Hub en Joshua na die Reën (Gauteng), bied ATKV-Crescendo ’n reeks liedjieskryf 101 werkswinkels aan regoor die land asook in Namibië
Hierdie werkswinkels is ontwerp om aspirante liedjiskrywers te help om hul vaardighede te verbeter. Deelnemers kry die kans om saam te werk, te leer en hul eie musiek te skep in ’n ondersteunende omgewing.
GOUD2026: 4 Julie 2026
Ons gaan weer vir GOUD met vier nuwe opnamekunstenaars, die nuutste klanke en lirieke uit die penne van die warmste nuwe Afrikaanse liedjieskrywers. Tydens GOUD stel ons die vier nuwe opnamekunstenaars vir 2027 bekend met bekende gaskunstenaars.

Feeste & Produksies
Beleef ATKV-Crescendo op feeste en by produksies regoor die land:
🎭 Suidoosterfees Koregalakonsert (vervaardig deur Crescendo)
RSG/ATKV-Kuierkol van 28 Maart tot 4 April : Daaglikse optredes deur Crescendo legendes en Crescendo se nuutste opnamekunstenaars
🎪 Nuwe Crescendo-verskeidenheidsproduksie te sien by feeste landswyd
·🌾 Solms-Delta Oesfees
Hierdie lys is net ’n voorsmakie van wat 2026 gaan bring – hou ons dop vir nog hoogtepunte!
Word deel van die Crescendo-Familie!
Of jy ’n liedjieskrywer is wat wil groei, ’n musiekliefhebber op soek na nuwe klanke, of iemand wat kultuur vier - dankie dat jy saam ons reis.
Maak gereed vir ’n onvergeetlike 2026, en volg ons om op hoogte te bly van alle dinge #Crescendo









Comments