Gratis Crescendo-liedjieskryfwerkswinkels in November
- marlizeleyden8
- Nov 6
- 1 min read
Belangstellendes het tot 31 Desember 2025 kans om hulle oorspronklike liedjie vir oorweging aan volgende jaar se ATKV-mentorskapprogram in te skryf. Om 'n bietjie raad te gee word gratis liedjieskryfwerkswinkels in November oor die land gehou.
Stellenbosch op 8 November om 09:00 (registrasie begin reeds 08:30) by Gebou 2, The Vineyard-besigheidspark, Devon Valleylaan, Stellenbosch. Die aanbieders is Brandon October, Whaden Johannes en Gracia Louw. Besoek www.crescendo.co.za om jou plek te verseker.
Mosselbaai op 15 November om 09:00 (registrasie begin reeds 08:30) by The Townhouse, Marketstraat 3, Mosselbaai. Die aanbieders is Petronel Baard, Whaden Johannes en Hakkiesdraad Hartman. Besoek www.crescendo.co.za om jou plek te verseker.
Fisantekraal op 22 November om 09:00 (registrasie begin reeds 08:30) by The Father’s Heart, Milkwoodstraat, Greenville, Fisantekraal. Die aanbieders is Deon Meiring, Jitsvinger en Olga Leonard. Besoek www.crescendo.co.za om vir dié gratis werkswinkel te bespreek.
Kleinmond op 29 November om 09:00 (registrasie begin om 08:30) by Kleinmond-jeugsaal, Hoek van Nemesia- en Proteastraat. Die aanbieders is Frazer Barry, Whaden Johannes en Babette Viljoen. Besoek www.crescendo.org.za om vir dié gratis werkswinkel te bespreek.
Kunstenaars hoef nie ’n werkswinkel by te woon om in te skryf nie. Deur www.crescendo.org.za te besoek, kan liedjies ook digitaal ingeskryf word.
Petronel Baard, Whaden Johannes, Deon Meiring, Frazer Barry, Brandon October en Gracia Louw is maar net 'n paar van die groot name in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie wat die gratis liedjieskryfwerkswinkels in November gaan aabied.















Comments