top of page

Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met ‘As jy val’

  • marlizeleyden8
  • Jul 25, 2025
  • 2 min read


Lucia Poggenpoel se debuutalbum word op 15 Augustus by die Daisy Jones-teater buite Stellenbosch bekend gestel.
Lucia Poggenpoel se debuutalbum word op 15 Augustus by die Daisy Jones-teater buite Stellenbosch bekend gestel.

ATKV-Crescendo-opnamekunstenaar Lucia Poggenpoel se enkelsnit “As jy val” is meer as net musiek – dit is ’n eerlike gebed, ’n stukkie verwerking ná persoonlike trauma en ’n stille getuigskrif van hoop.


Ná vyf maande van stilte en selfondersoek, bring Lucia nou ’n snit uit wat die hart tref met sy eenvoud, eerlikheid en kragtige boodskap: “As jy val, as jy val, moet jy weer opstaan.”


Dié lied, wat teen die einde van November 2024 geskryf is, is die direkte uitvloeisel van ’n tydperk van stilword, verlies en geestelike herfokus – ’n lied gebore in pyn, maar vasgevang in geloof.


“Ek het dit in die Bosveld geskryf toe dit gevoel het of ek in die lewe gestruikel het,” vertel Lucia. “Soms gebeur soveel dinge in jou lewe wat die wind uit jou seile neem, en die tragiese verlies van my broer in 2021 was die kersie op die koek. Hy was só lief vir musiek, en ek het gevoel ek sal aanhou sing in die huis net soos hy daarvan gehou het,” sê Lucia. “Toe ek heling begin kry, het ek geweet: hierdie keer is dit saam met God. Hy het my werklik weer kom oplig nadat ek gevoel het ek val. Die groot terugslag was daar, maar ek weet dat God ’n God van tweede kanse is. ‘As jy val’ is my getuienis.”


  • “As jy val” is opgeneem deur Graaff-produksies.


VRYSTELLINGSBESONDERHEDE

  • “As jy val” is vanaf 25 Julie 2025 op alle groot stromingsplatforms beskikbaar.

  • Die bekendstelling van Lucia se debuutalbum met dieselfde naam vind op 15 Augustus 2025 by die Daisy Jones-teater buite Stellenbosch plaas.


SOSIALEMEDIABESONDERHEDE


Besoek www.crescendo.org.za vir meer inligting oor ATKV-Crescendo se mentorskapprogram. Vir enige navrae of onderhoude, kontak gerus vir Marlize Leyden per e-pos by marlize.leyden@outlook.com of stuur ’n WhatsApp-boodskap na 067 883 0077

 
 
 

Comments


bottom of page