top of page
Crescendo eulanda foto-opsie 1.jpg

Eulanda
Wagner

2024-finalis en kunstenaar

MEER OOR EULANDA

Eulanda Wagner (40), oorspronklik van Worcester, is ’n dinamiese vrou met ’n passie vir mense, musiek en persoonlike groei. Sy is tans 'n toesighouer by een van die hoërskole in die streek en ’n toegewyde ma van twee.

In 2024 het Eulanda die dapper besluit geneem om aan haarself te dink en vir ATKV-Crescendo se mentorskapprogram in te skryf. Sy is as een van tien finaliste aangewys en in Maart 2025 het ATKV-Crescendo se produksiehuis haar enkelsnit Nou of nooit opgeneem.

Ander liedjies uit haar pen is Phattyboomboom ’n lawwe liedjie waar sy meisies met ’n voller figuur bemoedig om geensins terug te staan vir skraler of slanker meisies nie. “Jou persoonlikheid en geaardheid is wat jou jóú maak.”

 

Dan is daar Nie verlore, ’n lied oor die Covid-19-pandemie. Wagner het dit aanvanklik begin skryf omdat haar pa baie swak was en gelyk het of sy hom aan die gevreesde, onbekende siekte sou afstaan. “Hy het genadiglik herstel, maar my vriendin het wél haar pa verloor. Ek dra die tweede vers op aan haar, haar susters en aan almal wat iemand aan Covid-19 verloor het.”

Sy het al verskeie Crescendo-produksies opgetree en kan gereeld by die Golden Valley Casino gesien word.

Kom ons gesels!

  • Facebook
  • Instagram
crescendo eulanda foto-opsie 2.jpg
bottom of page