top of page
DSC06746.JPG
crescendo bio opnamekunstenaars mark pekeur foto 1.jpg

Mark
Pekeur

2025-finalis en opnamekunstenaar

MEER OOR MARK

Die 21-jarige Mark Pekeur van die Paarl is in Junie 2025 aangewys as een van vier opnamekunstenaars wat op 4 Oktober tydens die Crescendo GOUD-produksie aan die publiek bekendgestel gaan word. Hierdie liedjieskrywer, sanger en musikant vertel dat hy reeds as sewejarige in die kerk begin sing het. “Vanaf tien het ek begin om kitaar te speel. Op die oomblik is ek ’n lid van die Suid-Afrikaanse Jeugkoor in Kaapstad.”

Tussendeur sy studies aan die Musical Theatre Masterclass in Franschoek, maak hy tyd om krieket, tafeltennis én gholf te speel. Wat sy musikale reis saam met ATKV-Crescendo betref, sien hy baie daarna uit om nuwe musiek te skryf en sy storie deur sy liedjies te vertel.

Kom ons gesels!

  • Facebook
  • Instagram
DSC06746.JPG
bottom of page