top of page
tamryn foto 3.JPG
tamryn foto 1.jpeg

Tamryn

Paulse

Opnamekunstenaar

MEER OOR TAMRYN

Tamryn Paulse, ’n sangeres en liedjieskrywer van die Paarl, vertel dat sy haar roeping in 2009 vir die eerste keer kon uitleef toe sy as sestienjarige aan die hoof van haar kerk se musiekbediening gestaan het. Tóé al het sy die begeerte gehad om mense deur haar musiek te raak.

 

In 2017 verwerf sy ’n BA-graad in Teologie. Die daaropvolgende jaar word sy aangestel as medeaanbieder en inhoudskepper van Radio KC 107.7 FM se ontbytprogram.

 

Hierdie ma van drie, wat sedert 2022 ’n pastoor in die AGS-kerk is, verklap dat sy in 2016 die eerste keer haar hand aan oorspronklike musiek gewaag het. “Ek wil hê my musiek moet ’n veilige hawe vir mense wees – ’n uitnodiging om stil te word, te luister en geraak te word.”

 

Om as een van ATKV-Crescendo se opnamekunstenaars vir 2026 gekies te word gee vir haar die kans om al haar passies naamlik haar gesin, haar geloof en kreatiwiteit te kanaliseer sodat sy haar roeping ten volle kan uitleef. “Ek kan nie wag om hierdie reis saam met ATKV-Crescendo aan te pak nie. Dit gaan vir my ’n platform wees om my musiek met ’n groter gehoor te deel. Hopelik kan my lirieke die pyn en gevoelens verwoord wat mense soms sukkel om aan uiting te gee.”

Tamryn woon in September saam met die drie ander 2026-opnamekunstenaars ’n finale slypskool by wat afgesluit word met Crescendo GOUD, ’n bekendstellingskonsert waar die publiek hierdie kunstenaars vir die eerste keer saam op die verhoog te siene gaan kry.

Kom ons gesels!

  • Facebook
  • Instagram
bottom of page