

Victor
Fredericks
Crescendo-finalis (2024) en kunstenaar
MEER OOR VICTOR
Victor Fredericks is ’n storieverteller in murg en been – ’n liedjieskrywer, digter en sanger wie se werk diep gewortel is in die plaaslewe van die Wes-Kaap. Gebore en getoë in Wolseley, het hy van kleins af ’n liefde vir taal, musiek en menslike emosies gehad.
Sy musiek is rou, eerlik en emosioneel eg. Of dit nou in die vorm van blues, ballades of alternatiewe Afrikaanse snitte is, Victor se klank dra altyd die spore van sy storie – die plaas, die pad, die liefde, en die verlange.
In 2024 word hy gekies as een van die top tien finaliste van ATKV-Crescendo se mentorskapprogram. In 2025 word sy enkelsnit Blackberry juice en jin deur Crescendo-produksies vrygestel.
Victor is ook ’n bekroonde skrywer en dramaturg. Sy digbundel Ons stryd het reeds in 2001 verskyn, gevolg deur Voetpad oor die Witzenberg in 2020 en Laat Pa vertel in 2023 — ’n roerende huldeblyk aan sy vader. Hy het ook verskeie dramatekste geskryf, waaronder Ons moet klaar praat, Ma en Laat ons praat daaroor, wat temas van gesinsdinamiek, jeug en genesing ondersoek. Een van die hoogtepunte van sy loopbaan tot dusver was toe Diana Ferrus hom gevra het om haar internasionaal bekende gedig Ek’s hier om jou huis toe te neem vir Sara Baartman te toonset.
Hy het al by verskeie kunsfees en Crescendo-produksies opgetree.