top of page
Business Conference
chris de bruyn.jpeg

Chris 

De Bruyn

Mentor

MEER OOR CHRIS

Noem maar enige rol in die vermaaklikheidswêreld en Chris de Bruyn het ervaring daarvan. As student by die destydse PU vir CHO (vandag Noordwes-universiteit) was hy vir sewe jaar deel van die gewilde Alabama-studentegeselskap. Vir drie van hierdie sewe jaar tree hy as voorsitter vir die revuegroep op. Agter die gordyne het hy onder andere ondervinding as beligtingsingenieur, verhoogbestuurder, vloerbestuurder, vervaardiger en produksiebestuurder vir talle produksies.

 

Na sy opleiding werk hy onder andere vir twee jaar as teaterbestuurder van Spring-stadsaal, waarna hy in 1996 sy loopbaan by die ATKV begin. Vir twee jaar is hy projekorganiseerder van onder andere ATKV-Crescendo voor hy in 1998 as bestuurder van al die kultuurprojekte by die ATKV aangestel word.

 

Sedert 2003 is hy die bestuurder van NWU-Artéma Instituut vir Kunstebestuur en Ontwikkeling, waar hy nie net verantwoordelik was vir die oprig van die instituut en die ontwikkeling en aanbied van kursusse nie, maar ook aan die hoof staan van alle projekte, produksies en geleenthede wat deur die instituut aangebied word.

 

Een van die hoogtepunte in sy loopbaan tot dusver is toe hy as die bedryfsbestuurder van Aardklop in 2016 saam met die bedryfsbestuurspan instrumenteel was om die fees nie net suksesvol daardie jaar aan te bied nie, maar ook die sluiting van die fees gekeer en dit volhoubaar help hervestig het.

 

In 2025 is dit die sesde jaar wat Chris al hierdie kennis as mentor van die ATKV-mentorskapprogram passievol met ons finaliste deel.

bottom of page