![Edinia (BTS)[1].jpg](https://static.wixstatic.com/media/163210_6e151b0b73594fa5933d3c567380a40b~mv2.jpg/v1/fill/w_335,h_446,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/163210_6e151b0b73594fa5933d3c567380a40b~mv2.jpg)
![Edinia RSG[1].jpg](https://static.wixstatic.com/media/163210_4924d55d4bfe46368b0f482e5462d299~mv2.jpg/v1/fill/w_306,h_461,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/163210_4924d55d4bfe46368b0f482e5462d299~mv2.jpg)
Edinia Citwa
2024-finalis en opnamekunstenaar
MEER OOR EDINIA
Edinia Citwa van Mosselbaai is ’n sanger, liedjieskrywer en storieverteller wie se stem en woorde getuig van ’n lewe vol draaie, stroomversnellings en uiteindelike selfaanvaarding.
Edinia is die middelkind van sewe kinders en het al van jongs af geweet sy het iets om te sê en te sing. “Van sesjarige ouderdom het ek in die kerk se lofprysingspan en kerkkoor gesing, en later ook in jazzgroepe, in kroeë en tydens produksies opgetree. Gehore kon haar al op feeste soos die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) en die Mosselbaai Dias-fees in lewende lywe ervaar.
Hierdie veelsydigheid is waarskynlik die rede waarom sy ’n finalis in die SABC2-realiteitsprogram Showville was, waar klein dorpe in die land besoek is om plaaslike talent te ontdek.
Tydens ’n oudisie vir die reeks Ouma Sarie in 2023 ontmoet Edinia die akteur HaKKiesDraad HaRTmaN wat haar aanmoedig om vir die ATKV-Crescendo-mentorskapprogram in te skryf. Met haar inskrywing, Gebore om te wen, word sy in 2024 as ’n finalis van ATKV-Crescendo se mentorskapprogram gekies. Die resultaat hiervan is ’n debuutalbum met dieselfde naam wat op 4 Julie vanjaar tydens ’n produksie met dieselfde naam in die Daisy Jones-teater buite Stellenbosch vrygestel gaan word. Die sangeres Nádine sal ook tydens hierdie produksie te sien wees.
Kom ons gesels!
